Friday, March 14, 2014

“Maar elke beweging is ‘n teenbeweging”


Die Mondeling Geskiedenis van Doktor Alfred Schaffer


Doktor Alfred Schaffer is ʼn Nederlandse digter wat as ʼn buitestaander na Suid-Afrika kan kyk op ʼn objektiewe manier.[1] In hierdie opstel sal die lewe van Alfred Schaffer beskryf word met spesifieke verwysing na sy ervaring as migrant digter in Suid-Afrika. Sy verlede sal kronologies beskryf word, waar na daar klem gelê sal word op sy ervaring as Nederlander in Suid-Afrika. Die onderhoud self sal ook bespreek word in terme van die probleme wat ondervind is.

Anton Schaffer was oorspronklik van Limburg, ʼn klein dorpie aan die suide van Nederland. Hy het die verpleegster Christina, wat van die Karibiese eilande in die Wes-Indies afkomstig was, ontmoet by ʼn karnaval in Nederland. Die Karibiese eilande was in daardie tyd deel van die Nederlandse koninkryk, en omdat Christina werk gesoek het, het sy in die vroeë 1960’s Nederland toe getrek. Anton was vyftien jaar ouer as Christina.[2] Hulle het getrou en uit hierdie huwelik is twee kinders gebore, Alfred en Daliah. Alfred is gebore op 16 September 1973 in Leidschendam, en sy suster ʼn paar jaar later. Daliah is dood toe sy nog ʼn baba was. Christina het nie goed aangepas by die kontrasterende klimaat van Nederland teenoor die Wes-Indies (waar sy grootgeword het) nie, en het later rumatiek ontwikkel. Sy is uiteindelik oorlede as gevolg van hierdie kondisie.[3]

Schaffer beskryf sy opvoeding as “normaal”. Hy het kleuterskool, laerskool en hoërskool bygewoon in sy tuisdorp van Leidschendam, wat hy as ʼn “klein plekkie” beskryf.[4] Leidschendam, ʼn dorpie in die provinsie Suid-Holland in Nederland het sy ontstaan gemaak as gevolg van die Vliet rivier wat mense vervoer het deur Holland. In 1938 het herorganisering en formasie plaasgevind in Leidschendam weens spoedige groei van industriële aktiwiteite en ook populasie groei wat gepaard gegaan het daarmee. Leidschendam se vooruitgang het ʼn samesmelting met Den Haag veroorsaak en word dus vandag gesien as ʼn voorstad daarvan.[5] 

Schaffer het met hoërskool begin in 1985, en hier het hy die Voortgesette Onderwys (VWO) kursus voltooi. Hierdie kursus berei leerlinge voor vir universiteitstoelating.[6] In Hoërskool het Schaffer begin om sokker te speel en hy het dit beskou as sy groot droom om professionele sokkerspeler te word. Hy het die posisie van links-buite gespeel vir die First Division Club.[7] Dit was in hierdie tyd wat hy ook sy talent vir dromme speel ontwikkel het, en hy het ʼn onderskeiding gekry vir musiek. Met hierdie talent het hy besluit om jazz improvisasie te gaan studeer by die Universiteit van Leiden. Sy pa het hom egter hierteen ontmoedig omdat dit nie ʼn gewaarborgde beroep verseker het nie. Hy is daarna aangemoedig deur ʼn meisie om ekonomie te gaan studeer, maar hy het hierdie module gesak.[8]

Hy het in 1992 uiteindelik besluit om Nederlands te studeer omdat sy pa vir hom gesê het daar sal altyd werksgeleenthede wees, asook omdat Schaffer ʼn liefde vir skryf ontwikkel het vanaf die laat 1980’s. Die eerste gedig wat hy geskryf het, “Carnaval door Melaatse”, beskryf hy as “hond sleg”, maar dit het hom geïnspireer om harder te werk. ʼn Verdere inspirasie was die bekende Nederlandse biograaf Cees Fasseur. Schaffer het vir hom dertig van sy gedigte gestuur en Fasseur het op elke een kommentaar gelewer. Vir Schaffer was dit baie aanmoedigend. Saam met Nederlands het Schaffer ook Film en Teaterwetenskappe en Algemene Literatuur Wetenskappe modules geneem.[9]

Na die voltooiing van sy graad het hy besluit om te reis en om die wêreld te sien. Sy Nederlandse promotor het hom aangemoedig om na die Universiteit van Kaapstad toe te kom omdat “dit baie lekker is” sowel as wat dit ʼn mooi omgewing is.[10] In 1995 het hy toe homself ingeskryf om sy honneursgraad te voltooi by die Universiteit van Kaapstad.[11] Vir sy Honneursgraad het hy geskryf oor die verfilming van die boek Bart Nel deur J. Van Melle. Hy beskryf sy Honneurs klasse as baie inspirerend. Dit was net hy en ʼn medestudent Francois Smit in die hele klas. In hierdie tyd het hy bekend geraak met die werk van Etienne le Roux, wat ʼn groot impak op sy werk gehad het in sy latere lewe. Na die voltooiing van sy Honneursgraad het hy meestal gewerk aan die skryf van sy tesis vir sy Meestersgraad. Sy promotor Henning Snyman het hom aangemoedig om langer in Suid-Afrika te bly.[12] In hierdie tyd het hy sy toekomstige vrou Karmen van Rensburg, wat saam met hom gestudeer het, ontmoet. Dit was as gevolg van hierdie twee invloede wat Schaffer toe in 1996 besluit het om na Suid-Afrika toe permanent te verhuis en sy doktorsgraad by die Universiteit van Kaapstad te voltooi, wat hy in 2002 doen.[13] Sy proefskrif het die titel De geschiedenis van een jonge god: mythe, primordialiteit en de representatie van de archetypische adolescent en jonge man in werken uit de moderne Afrikaanse literatuur en de wereldliteratuur.[14]

Gedurende die voltooiing van sy Doktorsgraad was hy ook aktief besig om gedigte te skryf en het begin om gedigte gepubliseer te kry in literêre tydskrifte in Suid-Afrika (Die Penseel en Die Vlugskrif) sowel as in Nederland (Vrijstaat Austerlitz en Bunkerhill). Sy gedigte het ook in 1999 verskyn in die digbundel Sprong naar de sterren, wat die gedigte van ‘de laatste generatie dichters van de twintigste eeuw’ bevat het. In 2000 publiseer Schaffer sy eerste digbundel Zijn opkomst in de voorstad. Vir hierdie bundel is hy genomineer vir die C. Buddingh’-prys vir nuwe Nederlandstalige poësie in 2001.[15] In 2001 het hy ook by die onafhanklike internet joernaal Litnet begin werk,[16] sowel as wat hy begin skryf het oor Nederlandse poësie in Die Burger en Beeld.[17] In 2002 begin hy Moderne Nederlandse Letterkunde doseer by die Universiteit van Kaapstad.[18] In 2002 publiseer hy sy tweede digbundel, Dwaalgasten, waarvoor hy genomineer is vir die VSB-Poësieprys in 2003.[19] In 2005 is hy weer genomineer vir die VSB-Poësieprys vir sy bundel Geen hand voor ogen, wat in 2004 gepubliseer is.[20]

In 2005 trek Alfred en Karmen terug Nederland toe. Hulle bly in Nederland tot 2011. In hierdie tyd word hy die finansiële redakteur van De Bezige Bij uitgewery, waar hy werk tot 2010. Sy digbundel Schuim word in 2006 gepubliseer waarvoor hy die Hugues C. Pernath prys ontvang, sowel as wat dit gekies word as een van die Poëzieclub-keuses van die jaar.[21] In 2008 publiseer De Bezige Bij sy digbundel, Kooi.[22] Vir Kooi ontvang hy die Jan Campert prys, en die Ida Gerhardt prys, sowel as wat hy genomineer word vir die VSB-Poësieprys.[23] In daardie tyd sterf sy pa, en sy dogter, Maya Christina, word net daarna gebore. Die afsterf van sy pa moedig Schaffer en sy gesin aan om terug te keer na Suid-Afrika. Terug in Suid-Afrika vestig hulle in Seepunt, Kaapstad. In 2011 word hy ʼn dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van Stellenbosch, waar hy steeds hierdie pos het. Schaffer ag egter sy digkuns as primêre beroep, en sy werk as dosent sekondêr.[24]

Schaffer beskryf die inspirasies vir sy gedigte as “unrest, anxiety, suspicion, curiosity”.[25] Verder sê hy ook dat die verlies van sy ma, pa en suster ʼn groot impak gehad het op die stemtoon van sy gedigte. In die tyd van rou was Schaffer se gedigte meer depressief en morbied van aard. Na die geboorte van sy dogter het sy werk ʼn keerpunt bereik in dat dit meer positief van aard geword het. Hy beskryf dus dat sy persoonlike lewe nie ʼn bewustelike impak op sy gedigte het nie, maar eerder sy werk beïnvloed op ʼn onbewustelike manier.[26] Van sy ander gepubliseerde werke sluit in Definities en hallucinaties (2003), Titaantjes (2005),  Dagkalender van de poezie (redakteur) (2007), Greetings from... (sekondêre auteur) (2009), Nu de slapende honden (vertaling) (2010), Bezette stad (nawoord) (2010), Santenkraam (vertaling) (2012), My raderhart laat niks ontglip (inleiding) (2013) en Mens dier ding (2014).[27]

Vir die bemarking van sy nuutste bundel Mens dier ding was Schaffer in Januarie 2014 na Nederland toe vir drie weke. Hy beskryf die besoek as “ʼn groot sukses”, maar ook dat hy vir Suid-Afrika baie gemis het. Hy sien Suid-Afrika as sy tuiste omdat sy hele familie hier woon. Hy voel dat die lewe in Nederland aanbeweeg het sonder hom, en dat sy lewe nou in Suid-Afrika lê. Hy assosieer Nederland met sy familie wat dood is en beskryf dit as ʼn afgestorwe plek. Hy sal egter nooit homself as ʼn Suid-Afrikaner sien nie, maar het ‘n meer positiewe konnotasie met Suid-Afrika.[28]

Schaffer se objektiewe siening van Suid-Afrika as ʼn buitestander Nederlander is dat daar ʼn groot kontras is tussen Suid-Afrika en Nederland. Hy beskryf Nederland as ʼn land met baie geleenthede vir sukses, teenoor Suid-Afrika wat grotendeels baie armoede ervaar. Suid-Afrika ervaar baie klasse ongelykheid ten opsigte van rykdom en armoede. As ʼn Nederlander is dit frustrerend om te sien omdat daar baie potensiaal in Suid-Afrika lê, maar vooruitgang gaan verlore as gevolg van korrupsie en onkundigheid. Schaffer beskryf ʼn algemene Nederlandse siening van Afrikaans as ʼn “gek taaltje”, en dat party Nederlanders neerkyk op Suid-Afrikaners.[29]

Hieruit kan daar afgelei word dat Schaffer, sowel as Nederlanders in die algemeen, ʼn kontrasterende verhouding met Suid-Afrika het. Hy sien Suid-Afrika as sy tuiste en toevlug, maar hy sien ook die wreedaardigheid van Suid-Afrika. Hierdie kontras kan raakgesien word in sy werk, byvoorbeeld in die gedig “Wakker tot dagbreek” word daar geskryf “Maar elke beweging is ʼn teenbeweging, vandaar die seisoene, statute, grafieke” (10-11).[30] Met ‘elke beweging is ʼn teenbeweging’ word daar gesuggereer dat vir elke positiewe aksie is daar ʼn negatiewe reaksie. Schaffer se waarneming van Suid-Afrika as ʼn land van hoop maar ook wreedheid word dus op ʼn onbewustelike manier in sy gedigte gesien. Sy ervaring as Nederlandse migrant digter in Suid-Afrika word dus beïnvloed deur die grusaamheid sowel as die mooiheid van die lewe wat hy in sy gedigte weerspieël.

Hoewel die onderhoud met Schaffer ʼn produktiewe resultaat gelewer het in terme van sy ervaring as migrant digter in Suid-Afrika, is daar probleme ondervind tydens die onderhoud self. Eerstens was daar ʼn kwessie in terme van taal. Hoewel Schaffer Afrikaans praat het hy ʼn sterk Nederlandse aksent, wat kommunikasie vermoeilik het. Omdat Schaffer ʼn gesagsfiguur is, was dit ook moeilik vir die onderhoudvoerders om vir hom persoonlike vrae te vra. Sekere inligting kon nie bekom word tydens die onderhoud nie, byvoorbeeld feite, en verdere navorsing was daarvoor benodig. As die onderhoud weer gedoen kon word, sou feitlike vrae meer belangrik gewees het in die onderhoud self.

Uit die bogenoemde bespreking kan daar tot die afleiding gekom word dat die onderhoud met dr Alfred Schaffer ʼn goeie uitbeelding van sy lewe tot in hede gegee het. Daar is ook tot die realisering gekom dat Schaffer se digkuns ʼn uitbeelding is van sy ervaring as Nederlandse digter in Suid-Afrika in dat sy gedigte handel oor die goed en kwaad van die lewe, net soos wat hy Suid-Afrika positief sowel as negatief ervaar.



Bibliography

Gemeente Leidschendam-Voorburg. n.d. http://www.leidschendam-voorburg.nl/Int/Over-Leidschendam-Voorburg-Historie/Historische-artikelen/Geschiedenis-van-Leidschendam.html (verkry Maart 2, 2014).
Koninklijke Bibliotheek. n.d. http://kb.nl/dichter-op-het-scherm/moderne-nederlandse-dichters/alfred-schaffer/alfred-schaffer-biografie (verkry Februarie 24, 2014).
Literatuurplein. n.d. http://www.literatuurplein.nl/persdetail.jsp?persId=46227&pMode=auteur&pFuzzy=0&pTekst=alfred%20schaffer (verkry Februarie 24, 2014).
Litnet. n.d. http://www.litnet.co.za/Category/als-oor-litnet/wie-is-ons (verkry Maart 1, 2014).
Nederlands Letterenfonds. n.d. http://www.letterenfonds.nl/en/book/346/the-poetry-of-alfred-schaffer (verkry Februarie 24, 2014).
Schaffer, Alfred, onderhoud deur Annie Burger en Hannes Welthagen. (Februarie 27, 2014).
—. Kom in, dit vries daar buite. Pretoria: Protea Boekhuis, 2013.
—. Kooi. Amsterdam: De Bezige Bij, 2008.



[1] Alfred Schaffer in onderhoud met die auteurs, 27 Februarie 2014.
[2] Ibid.
[3] Ibid.
[4] Ibid.
[5] Gemeente Leidschendam-Voorburg, “Geschiedenis van Leidschendam,” verkry 2 Maart 2014, http://www.leidschendam-voorburg.nl/Int/Over-Leidschendam-Voorburg-Historie/Historische-artikelen/Geschiedenis-van-Leidschendam.html
[6] Koninklijke Bibliotheek, “Alfred Schaffer: bibliografie,” verkry 24 Februarie 2014, http://kb.nl/dichter-op-het-scherm/moderne-nederlandse-dichters/alfred-schaffer/alfred-schaffer-biografie
[7] Alfred Schaffer in onderhoud met die auteurs.
[8] Ibid.
[9] Ibid.
[10] Ibid.
[11] Koninklijke Bibliotheek, “Alfred Schaffer: bibliografie.”
[12] Alfred Schaffer in onderhoud met die auteurs.
[13] Alfred Schaffer in onderhoud met die auteurs.
[14] Koninklijke Bibliotheek, “Alfred Schaffer: bibliografie.”
[15]Ibid.
[16] Litnet, “Wie is ons,” verkry 1 Februarie 2014, http://www.litnet.co.za/Category/als-oor-litnet/wie-is-ons
[17] Koninklijke Bibliotheek, “Alfred Schaffer: bibliografie.”
[18] Ibid.
[19] Literatuurplein, “Alfred Schaffer,” verkry 24 Februarie 2014, http://www.literatuurplein.nl/persdetail.jsp?persId=46227&pMode=auteur&pFuzzy=0&pTekst=alfred%20schaffer
[20] Koninklijke Bibliotheek, “Alfred Schaffer: bibliografie.”
[21] Ibid.
[22] Alfred Schaffer, Kooi. (Amsterdam: De Bezige Bij, 2008).
[23] Koninklijke Bibliotheek, “Alfred Schaffer: bibliografie.”
[24]Alfred Schaffer in onderhoud met die auteurs.
[25] Nederlands Letterenfonds, “The poetry of Alfred Schaffer,” verkry 24 Februarie 2014, http://www.letterenfonds.nl/en/book/346/the-poetry-of-alfred-schaffer
[26] Alfred Schaffer in onderhoud met die auteurs.
[27] Literatuurplein, “Alfred Schaffer.”
[28]Alfred Schaffer in onderhoud met die auteurs.  
[29] Alfred Schaffer in onderhoud met die auteurs.
[30] Alfred Schaffer, Kom in, dit vries daar buite. (Pretoria: Protea Boekhuis, 2013), 99.

English as a Lingua Franca

“ELF is merely a bastardised form of standard English that flouts the norms and rules of Standard English grammar. These Standard English norms are put in place for specific reasons and if the former are flouted, the ELF utterance is rendered incorrect.”

A lingua franca, which is also known as a Bridge Language, is basically a language that is used by two people, that does not share the same Home language, to communicate (Viacheslav, 2008, p. 31). English as a lingua franca (ELF) can then be seen as the use of the English Language as a basis of communication for speakers with different first languages. According to Meierkord (2000) a lingua franca may be used Intranationally or Internationally. Intranational use is when two speakers of the same country use a certain language to communicate, like English, because they both speak a different first language. International use is when two people from different countries speak a language, like English, to communicate because both have different first languages. The main idea of a lingua franca is to make communication possible. When a language is used by second language users with the purpose of communication it becomes clear that the emphasis is placed on function rather than form.

“The main characteristic, then, of English as a lingua franca is its multiplicity of voices. English as a lingua franca is a language for communication, i.e., a medium that can be given substance with different national, regional, local, and individual cultural identities.” (House, 2002, p. 244)

The form of a lingua franca or ELF is often neglected or ignored by the second language users. ELF thus takes on a new grammatical form which differs from Standard English. A few examples of ELF being used by different first language speakers;

Spanish speakers would often refer to the word people in the singular form rather than the plural “the people is angry” rather than “the people are angry” (Burt, Marina, Kiparsky, 2002, p. 53)

Vietnamese speakers tend to not place an article before the word for a profession. “She is student” (Burt, Marina, Kiparsky, 2002, p. 53)

Cantonese speakers tend to not use the plural form of words. “Many good book” (Burt, Marina, Kiparsky, 2002, p. 54)

Even though the grammatical use of the ELF is rendered incorrect, if the purpose of the ELF, which is to communicate, is successful then the main goal of using a lingua franca was achieved. Thus using the language incorrect is not of importance, what is important when using ELF is that the message gets through.
The problem is that first language English speakers often criticize and deem ELF as incorrect, as the statement above suggests which is a negative spin on the use of global English. ELF on its own can be seen, as suggested by Firth (2009), as a hybrid language on its own. This language is specifically created for the sole purpose of making communication possible by two different first language speakers.

When second language speakers use the singular form for the word people instead of the plural, the message which is being conveyed will not be lost. A first language speaker has to accommodate the second language speaker. Some first language speakers might get irritated, but using the singular instead of the plural form would not influence the utterance in such a way as making it not understandable. Second language speakers also tend to use the singular form for overall words regularly instead of the plural. This would be seen as incorrect by many first language speakers, but again first language speakers would understand what is being said. When a second language speaker does not place an article before a word, then the sentence becomes a very simple form of English, this would seem funny to a first language speaker, but the sentence would still be understandable. Whenever the ELF is not understandable, then it has failed its purpose. Fortunately most first language speakers and second language speakers of English would understand the simplified version of communication that ELF produces. A certain element that would make the ELF utterances not understandable would be the accent of the second language speaker which is influenced by his/her first language. “Phonology is a comparatively closed system, and virtually all ELF users speak the language with some trace (more or less pronounced, so to speak) of their L1 accent.” (Seidlhofer, 2004, p. 215)

The personal opinion would be that it does not matter if the ELF is a simplified version of the Standard English language. The main purpose of ELF is to make communication possible for two different first language speakers, and if ELF succeeds by use of a simplified version of English then it is fine by me.

“ELF is merely a bastardised form of standard English that flouts the norms and rules of Standard English grammar.” I agree to a certain extend with this statement. The statement is very crudely put, but ELF is a simplified version of the Standard English language, and actually not really being “flouted” which means to disregard or to mock, but the ELF users really do not have a choice but to use it in that manner, it is after all their second language.

“These Standard English norms are put in place for specific reasons and if the former are flouted, the ELF utterance is rendered incorrect.” I do not agree with this statement. ELF can be used in any way as long as it is understandable and if it can be used for communication purposes. If the use of the ELF is not deemed correct by first language speakers, but could be understood, then the ELF use is still successful.



 Bibliography


Burt, Marina K. and Kiparsky C. (1972) The Gooficon: A Repair Manual for
English. Rowley, MA: Newbury House.

Firth A. (2009) The lingua franca Factor. Intercultural Pragmatics 6:2,147-170. p. 161-162.

House, J. (2002) Communicating in English as a lingua franca. In EUROSLA Yearbook (2): 243-261.

Meierkord C. (2000) An analysis of non-native-/non-native small talk conversations in English. Interpreting successful lingua franca interaction. [Online] Linguistik Online 5. p. 1. Available from: http:/www.linguistik-online.de/1_00/MEIERKOR.HTM

Seidlhofer, B. (2004) Research perspectives on teaching English as a lingua franca. Annual Review of Applied Linguistics (24): 209-239.

Viacheslav A.C. (2008) The problem of the Caucasian Sprachbund. From Linguistic Areas to Areal Linguistics. p. 31.



Translate it!