Monday, April 14, 2014


Die Opkoms van “Black Power” in die VSA
Die Teenstrydige Idees en Sienings van dr M.L. King en S. Carmichael


In Junie 1966 het Martin Luther King en ’n jong Stokely Carmichael saam met honderde ander mense wat deel vorm van mense regte bewegings gemarsjeer deur Mississippi op pad na Jackson.[1] Dit is hier waar mense regoor Amerika vir die eerste keer die term “Swart Mag” gehoor het wat Stokely Carmichael gebruik het in publiek en wat ook regstreeks uitgesaai was op televisie. Hierdie term het golwe van opgewondenheid en vrees deur Amerika gestuur. Carmichael se woorde was “When you talk about Black Power you talk about bringing this country to its knees any time it messes with a black man ... any white man in this country knows about power. He knows what white power is and he ought to know what black power is”.[2] ’n Geskiedkundige, Peniel E. Joseph, het bewys dat “Swart Mag” gedurende die 1950’s en 1960’s as gevolg van groot gebeure ontwikkel het. Hierdie gebeure was onder andere die Bandung Konferensie, die Kubaanse Rewolusie en episodes van Dekolonisering in Afrika.[3] Hierdie gebeure het aktiviste gemotiveer om meer aggressiewe mense regte strategieë te volg en so was “Swart Mag” gebore.

Stokely Carmichael en Martin Luther King het uit verskillende agtergronde gekom en het totaal van mekaar verskil, maar tog was hulle albei swart en benadeel in Amerika.Martin Luther King het tog ’n ander idee gehad oor “Swart Mag” en ook die rol wat dit kan vervul. King het op die “Swart Mag” onderwerp gesê “Black power is a cry of disappointment. It was born from the wounds of despair. It is a cry of daily hurt and persistent pain. The call for Black Power is a reaction to the failure of white power. Yet there is no salvation for the Negro through isolation. Effective political power for Negroes cannot come through separatism. Probably the most destructive feature of Black Power is its unconscious and often conscious call for retaliatory violence. Are we seeking power for power’s sake? Or are we seeking to make the world and our nation better places to live? If we seek the latter, violence can never provide the answer”.[4] Dit kan gesien word dat King en Carmichael verskillende sienings gehad het oor “Black Power” en hoe dit gebruik moes word. Hierdie opstel sal die opkoms van “Black Power” verduidelik met oog op die aanhalings van Martin Luther King en Stokely Carmichael en ook hoe hierdie twee persone tot teenstrydige idees en sienings gekom het om ’n verskil te maak in die menseregte bewegings.

Carmichael was gebore in Trinidad, Spanje waar hy en sy ouers later in 1954 op die ouderdom van 13 na America geïmmigreer het. Hy en sy ouers het in Bronx gewoon in die buurt Morris Park, waar die meerderheid inwoners uit Italianers en Jode bestaan het. Twee jaar later in 1956 was Carmichael betrokke by ʼn bende, The Morris Park Dukes, waar hy die enigste swart bende lid was.[5] Hy het in dieselfde jaar ook die toelatingstoets geslaag vir die gesogte Bronx High School of Science. In dié hoërskool was Carmichael blootgestel aan ʼn hele ander sosiale stelsel, dit was die kinders van die New York stad se wit liberale elites.[6] Carmichael was gewild onder sy klasmaats, maar hy was altyd bewus van die rasse verskille wat hom geskei het van die ander. In latere jare het Carmichael hierdie vriendskappe soos volg beskryf; “Now that I realize how phony they all were, how I hate myself for it. Being liberal was an intellectual game with these cats. They were still white, and I was black”.[7]

Alhoewel Carmichael bewus was van die Civil Rights Movement, het hy eers jare later self besluit om deel te word daarvan nadat hy een aand op televisie beeldmateriaal gesien het van ʼn sit-in. “When I first heard about the Negroes sitting in at lunch counters down South, I thought they were just a bunch of publicity hounds. But one night when I saw those young kids on TV, getting back up on the lunch counter stools after being knocked off them, sugar in their eyes, ketchup in their hair—well, something happened to me. Suddenly I was burning”.[8] Hy het toe aangesluit by die Congress of Racial Equality (CORE) en deelgeneem aan sit-ins in Virginia en South-Carolina.

In 1960 het Carmichael as ʼn stellêre leerling klaargemaak met hoërskool en verskeie beurse ontvang om by van die beste universiteite in die land te gaan studeer, maar Carmichael het dit egter van die hand gewys en besluit om by die geskiedkundige swart universiteit Howard te studeer in Washington, D.C.[9] In hierdie tyd het Carmichael al hoe meer aktief geraak by die Civil Rights Movement en het as eerstejaar in 1961 aan sy eerste “Freedom Ride” deelgeneem. Dit was ʼn geïntegreerde bus toer deur die suide van Amerika om die segregasie van interprovinsiale reise uit te daag. Carmichael was gedurende die toer gearresteer in Jackson, Mississippi omdat hy ʼn “Whites Only” bus stop wagkamer binnegegaan het.[10] Hy was vir 49 dae toegesluit. Nie afgeskrik deur die arrestasie nie, het Carmichael verder deelname aan die beweging bestee. Hy was betrokke by nog ʼn “Freedom Ride” in Maryland, ʼn demonstrasie in Georgia en ook ʼn hospitaal werkersstaking in New York. Hy het gegradueer in 1964 met ʼn Honneursgraad aan die universiteit Howard in Washington, D.C.[11]

In 1964 het Carmichael aangesluit by die Student Nonviolent Coordinating Committee (SNCC). Met natuurlike leierseienskappe was Carmichael gou aangewys as die veld organiseerder in Lowndes County, Alabama. Toe Carmichael in Lowndes aangekom het, het swart mense die meerderheid van die populasie uitgemaak, maar was steeds nie verteenwoordig in die regering nie. In een jaar het Carmichael dit reggekry om die aantal swart stemme vanaf 70 te verhoog tot en met 2600, wat 300 meer is as die wit stemme.[12] Toe Carmichael geen reaksie kry uit die groter politieke partye nie, het hy sy eie party gestig naamlik die Lowndes County Freedom Organization (LCFO). Hy het toe ʼn logo gekies wat later as inspirasie vir ʼn ander swart aktivistiese organisasie sou dien – die Black Panther Party.[13]

Carmichael het grootliks die filosofie en niegewelddadige weerstand van dr Martin Luther King toegepas. Die idee was dat publieke steun gewen sou word deur die kontras van vreedsame swart weerstand en gewelddadige onderdrukking vanaf die opposisie uit te beeld.[14] Carmichael en baie ander aktiviste het tog later gefrustreerd geraak en gevoel dat hierdie proses te stadig is en dat dit belaglik is om herhaaldelike geweld en vernedering te ervaar. Teen 1966 was Carmichael as nasionale voorsitter verkies van die SNCC, maar hy het ook teen dié tyd alle geloof in die niegewelddadige weerstand teorie van die SNCC verloor.

Hy het die SNCC vinnig in ʼn meer radikale rigting verander daardeur duidelik te maak dat alle wit lede, wat gereeld gewerf was, nie meer welkom was in die SNCC nie.[15] In Junie 1966 het James Meredith, ʼn menseregte-aktivis wat die eerste swart student was in die universiteit van Mississippi, ʼn eensame “walk against fear” begin vanaf Memphis, Tennessee tot by Jackson, Mississippi. Sowat 40km in Mississippi was Meredith geskiet en gewond, hy kon nie die staptog klaarmaak nie, maar Carmichael het besluit dat SNCC vrywilligers hierdie staptog moes klaarmaak in Meredith se plek.[16] Op 16 Junie was Greenwood in Mississippi bereik en het Carmichael ʼn toespraak gelewer wat die rigting van die Menseregte-beweging sou verander. “We been saying ‘freedom’ for six years, what we are going to start saying now is ‘Black Power’”.[17] Dit is hier waar daar vir die eerste keer so openlik oor “Black Power” gepraat was, en dié ook in ʼn oomblik van aggressie.

Martin Luther King was gebore op 15 Januarie 1929 in Atlanta, Georgia. Hy was in die hoërskool Booker T. Washington waar hy graad 9 en graad 12 verbygespring het en nie formeel gegradueer het nie. Op ouderdom 15 het hy by Morehouse kollege begin studeer waar hy toe in 1948 gegradueer het met ’n B.A. graad in sosiologie.[18]  Hy het toe by die Crozer Theological Seminary in Chester, Pennsylvania aangesluit en in 1951 daar gegradueer met ’n B.Div graad.[19] King het toe begin met sy doktorale studies in sistematiese teologie by die universiteit van Boston en hy het toe sy Ph.D. graad op 5 Junie 1955 verwerf.[20]

King het vroeg in sy loopbaan begin deelneem aan menseregte aktivisme. In 1955 het hy die Montgomery Bus Boycott gelei en ook die Southern Christian Leadership Conference (SCLC) gestig en as eerste president daarvan gedien in 1957.[21] King het in 1963 gehelp om die “March on Washington” te reël waar hy sy gewilde “I Have a Dream” toespraak gelewer het op 28 Augustus.[22] In 1965 het die “Selma Voting Rights Movement” plaasgevind, waar daar marsjeer wou word vir stemregte. Die eerste poging op 7 Maart 1965 staan bekend as “Bloody Sunday” om rede dit misluk het weens uiterse geweld vanaf polisie en die Mafia op die demonstrateurs.[23] Die tweede poging op 9 Maart was ʼn power poging aan King se kant omdat hy nie ʼn hofbevel wou oortree nie. Op 25 Maart 1965 het die derde en suksesvolle mars plaasgevind wat gelei was tot op die trappe van die hoofstad. King het hier sy “How Long, Not Long” toespraak gelewer.[24] In 1966 het die “Chicago Open Housing Movement” plaasgevind. Dit was ʼn reeks optogte wat deur die jaar plaasgevind het. Hierdie optogte se doel was om die diskriminerende bekomming van huise vir swart mense te stuit. King het later hierdie optogte self gekanselleer weens die gewelddadige gedrag van die betogers.[25] King was in een optog met ʼn baksteen getref.

’n Swart menseregte aktivis, Bayard Rustin, het Gandhi se sienings en ideologieë gestudeer. Hy was vir die eerste deel van King se aktivisme ’n mentor en hoof adviseur vir King.[26] Rustin het vir King aangemoedig om Gandhi se waardes van “non-violence” aan te neem en King was so geïnspireer met Mahatma Gandhi se sukses dat hy in 1959 ’n reis na Indië geneem het.[27] King het op sy laaste dag in Indië na gedink oor sy tyd daar en gesê “Since being in India, I am more convinced than ever before that the method of nonviolent resistance is the most potent weapon available to oppressed people in their struggle for justice and human dignity”.[28] 

Die optog wat die impak van niegewelddadige protes die beste kan uitbeeld sal heel moontlik dié wees van “Bloody Sunday”. Betogers was met knuppels geslaan en ook met traangas gegooi. Beeldmateriaal van uiterse geweld teen passiewe betogers was wyd oor die land op televisie te sien wat blankes en swart mense geskok het. ʼn Vrou, Amelia Boynton, was amper dood geslaan en vergas deur polisie. Haar foto was regoor die wêreld in koerante en tydskrifte gepubliseer.[29]

Alhoewel die niegewelddadige beweging ʼn impak kan maak en tot ʼn sekere mate suksesvol kan wees, het dit nie aanvang gevind by alle swart Amerikaners nie. Die idee daarvan kon nie ondersteun word nie omdat swart mense moeg was vir die konstante geweld en onderdrukking van die polisie en wit ver-regse groepe. Weens moedeloosheid en keelvolheid vir geweld het swart mense groepe soos die Black Panther Party (BPP) gestig wat die beskerming van swart mense en swart buurte van polisie brutaliteit implementeer. Dit was ʼn revolusionêre sosialistiese organisasie wat ook sekere eienskappe van militêre bewegings aangeneem het.

Met die opkoms van militêre groepe soos die BPP weens geweld teen swart Amerikaners kan daar dus die afleiding gemaak word dat dit gepaard gaan met die opkoms van “Black Power”. Dit kan ook gesien word dat die aanhoudende niegewelddadige pogings vir menseregte op ʼn manier ʼn rol gespeel het in die opkoms van “Black Power”. Weens die brutaliteit en geweld wat teen hierdie passiewe betogers gebruik was om te onderdruk en onderwerp het dit sekere swart mense meer aggressief gemaak. Die onophoudelike geweld en stadige transformasie het sy tol geëis en ʼn ander uitweg was gevind – “Black Power”.

Die term “Black Power” het vinnig aanvang gevind by die meer radikale generasie van menseregte-aktiviste. Die term het ook internasionaal weerklank gevind waar dit in weerstand gebruik was teen Europese imperialisme in Afrika. In Carmichael se 1968 boek; Black Power: The Politics of Liberation verduidelik Carmichael swart mag soos volg “It is a call for black people in this country to unite, to recognize their heritage, to build a sense of community. It is a call for black people to define their own goals, to lead their own organizations”[30]

Hierdie idee van “Black Power” het ʼn belangrike rol gespeel in verdere menseregte bewegings omdat dit die swart mense ʼn sin van trots gegee het en ook die mag wat hul besit laat besef. Dit het swart mense laat saamstaan, hulle erfenis laat terugneem en ook hulle gehelp om hulle doelwitte te bereik.



Bibliografie

Bennet, Scott H. Radical Pacifism: The war Resisters League and Gandhian Nonviolence in America, 1915-1963. New York: Syracuse University Press, 2003.
Bolden, Victor A. "Where Does New York City Go From Here: Chaos or Community?" Fordham Urban Law Journal, 1995: 1031-1052.
Ching, Jacqueline. The Assassination of of Martin Luther King, Jr. New York: Rosen Publishing, 2002.
History.com Staff. History.com. 2009. http://www.history.com/topics/black-history/stokely-carmichael (accessed March 15, 2014).
Joseph, Peniel E. "Waiting 'Til the Midnight Hour: A narrative History of Black Power in America." Souls: A Critical Journal of Black Politics, Culture, and Society, 2007: 361-363.
Manheimer, Anne. Martin Luther King Jr.: Dreaming of Equality. Minneapolis: Twenty-First Century Books, 2004.
Ralph, James. Northern Protest: Martin Luther King, Jr., Chicago, and the Civil Rights Movement. Cambridge: Harvard University Press, 1993.
Warren, Mervyn. King Came Preaching: The Pulpit Power of Dr. Martin Luther King, Jr. Westmont: Intervarsity Press, 2001.
Wertz, Marianna. The Schiller Institute. September 1, 2001. http://www.schillerinstitute.org/conf-iclc/2001/Labor%20Day/conf_sep_2001_mw_.html (accessed March 22, 2014).




[1] Peniel, “Waiting ‘Til the Midnight Hour: A Narrative of Black Power in America” 1001.
[2] Ibid
[3] Ibid
[4] Bolden, “Where Does New York City Go From Here:Chaos or Community?” 1034.
[5] History.com, “Stokely Carmichael.”
[6] Ibid
[7] Ibid
[8] Ibid
[9] Ibid
[10] Ibid
[11] History.com, “Stokely Carmichael.”
[12] Ibid
[13] Ibid
[14] Ibid
[15] Ibid
[16] Ibid
[17] History.com, “Stokely Carmichael”
[18] Ching, The Assassination of Martin Luther King, Jr, 18.
[19] Ibid
[20] Warren, King Came Preaching: The Pulpit Power of Dr. Martin Luther King, Jr, 35.
[21] Manheimer, Martin Luther King Jr.: Dreaming of Equality, 103.
[22] Ibid
[23] Ibid, 104.
[24] Manheimer, Martin Luther King Jr.: Dreaming of Equality, 104.
[25] Ralph, Northern Protest: Martin Luther King, Jr., Chicago, and the Civil Rights Movement, 2.
[26] Bennet, Radical Pacifism: The War Resisters League and Gandhian Nonviolence in America, 1915–1963, 217.
[27] Ibid
[28] Ibid
[29] The Schiller Institute, “Tribute to Amelia Boynton Robinson.”
[30] History.com, “Stokely Carmichael.”

Friday, April 11, 2014

Vertaling en Tolking:  Die Rol van Tolking binne Suid-Afrikaanse Konteks


Suid-Afrika is ’n baie diverse land. As gevolg van hierdie diversiteit het die land elf amptelike tale. Die drie tale wat die meeste huistaal sprekers het, is Zulu met 11 587 374 sprekers, Xhosa met 8 154 258 sprekers en Afrikaans met 6 855 082 sprekers (South-Africa.info, 2012). Alhoewel daar elf amptelike tale is, word daar tog net een taal gebruik in die parlement. Engels word gesien as die parlementstaal van Suid-Afrika, alhoewel hierdie taal net sowat 4 892 623 huistaal sprekers het in die land (South-Africa.info, 2012). Dit is moeilik vir ʼn land om elf tale op gelyke vlakke te implementeer in alle aspekte van die samelewing en daarom sal daar altyd een taal wees wat voorkeur geniet, soos Engels in die politiek. Dit is juis hier waar die rol van tolking inkom by so ʼn diverse land. Hierdie opstel sal die rol van tolking binne Suid-Afrikaanse konteks bestudeer. Dit sal onderskei tussen vertaling en tolking. Dit sal die verskillende modusse en tipes tolking uitwys en ook hoe dit in verskillende kontekste voorkom. Laastens sal dit ook die alledaagse uitdagings weergee waarmee die tolk gekonfronteer word.

Dit is algemeen dat daar verwarring is oor vertaling en tolking, en dat baie mense dink dit is byna dieselfde. Albei aktiwiteite vertaal, maar die wyses waarop dit vertaal is tog baie verskillend. Die vertaling aktiwiteit is meestal geskrewe en is die skepping van ʼn doelteks vanaf ʼn bronteks. Dit is belangrik dat die doelteks en bronteks ekwivalent is in inhoud, betekenis en vorm. Dit het dus te doen met tekste. Tolking aan die ander kant het meer te doen met die “mondelinge verskaffing in een taal van ʼn gesproke stelling in ʼn ander taal tydens ʼn formele of informele geleentheid”. (Lesch, 2012, p.64). Net soos vertaling moet daar ook ekwivalensie behou word tussen die “doelteks” en “bronteks” in vorm, betekenis en inhoud.

Daar bestaan net twee modusse van tolking. Die twee maniere van tolking is simultaan en konsekutief. Simultaantolking is wanneer die tolk die inligting so vinnig as moontlik vanaf die bron formuleer en deurgee terwyl die bronspreker voortdurend praat. Ander woorde wat gebruik kan word om simultaan te verduidelik is gelyktydig of gelyklopend. Simultaantolking kan gevind word in regstolking. ʼn Goeie voorbeeld hiervan is waar simultaantolking vir die eerste keer gebruik was, dit was in die Nuremberg Verhore net na Wêreld Oorlog II. “Simultaantolking word meestal met behulp van gesofistikeerde apparatuur vanuit tolkkabines behartig” (du Plessis, 1997, p.47). Konsekutiewe tolking is waar die toespraak in segmente verdeel is of met intervalle plaasvind. Wanneer die bronspreker stiltes laat dan vul die konsekutiewe tolk dit met die boodskap of ʼn gedeelte daarvan. “Daar kan onderskeid getref word tussen korter en langer konsekutiewe tolking” (Lesch, 2012, p.65). Korter konsekutiewe tolking behels die tolking van korter teksgedeeltes, waar langer konsekutiewe tolking gepaardgaan met die afneem van notas en langer teksgedeeltes wat getolk word. ʼn Goeie voorbeeld van konsekutiewe tolking kan gevind word in konferensietolking of godsdienstige tolking.

Die tipes van tolking is die gegewe konteks waarbinne die tolking plaasvind. Daar is verskillende geleenthede waarby tolking kan plaasvind of van belang is. Konferensietolking vind plaas by ʼn formele geleentheid soos by ʼn parlement of kongres. Dit kan gebruik maak van die konsekutiewe en/of simultaantolking. Regstolking maak meestal gebruik van konsekutiewe tolking. Hierdie tipe tolking vind plaas in howe. Gemeenskapstolking is “Konsekutiewe tolking onder intieme omstandighede, waar slegs enkele persone teenwoordig is”. (du Plessis, 1997, p.47). Opvoedkundige tolking is tolking kan simultaan of konsekutief wees. Dit vind plaas by skole of universiteite en gebruik dus baie vakterme. Besigheidstolking is “Konsekutiewe tolking vir sake- en industriële onderhandeling” (du Plessis, 1997, p.48).

Tolke het dikwels probleme en uitdagings waarmee hulle gekonfronteer word in die praktyk van tolking. Probleme met luister kan opduik soos wanneer ’n spreker in ’n sterk aksent praat, te vinnig is vir die tolk, te min of te vroeg stop vir die tolk of net glad nie die tolk in ag neem nie (Interpreting.info, 2013). Nog ’n probleem is wanneer daar onderlangs gesels word deur verskillende sprekers. Om te onthou is nog ’n probleem wat tolke ondervind byvoorbeeld wanneer sinne vergeet word of wanneer daar afkortings gebruik word en die bewoording daarvoor is vergeet (Interpreting.info, 2013). Op die vlak van praat word daar ook probleme ervaar soos wanneer die spreker die tolk onderbreuk of wanneer die gehoor nie die tolk behoorlik kan hoor nie (Interpreting.info, 2013). ’n Uitdaging vir ’n tolk sal wees om sekere vakterme te leer. Dit is ook vir baie ’n uitdaging om die gehoor te ken en om die regte woorde te gebruik sodat die spesifieke groep sal kan verstaan (ProZ: The Translation Workplace, 2009).

Tolking speel ’n baie groot rol in die versekering van doeltreffende kommunikasie in Suid-Afrika. Suid-Afrika is ’n diverse land met ’n geskiedkundige oorsaak van demografiese verskuiwings wat dus ’n groot impak het op die verskillende groeperings van tale in sekere streke van die land. Hierdie streek groeperings van sekere tale maak dit makliker in die sin van dat tolkers weet watter tale om in watter streke te verwag. In die Wes-Kaap is die mees algemene tale Afrikaans, Engels en Xhosa en in die Vrystaat is dit hoofsaaklik Sotho en Afrikaans (South-Africa.info, 2012). Met hierdie kennis sal die tolk weet in watter tale hy/sy sal moet spesialiseer of in watter tale hy/sy hoofsaaklik sal werk in ’n sekere streek van die land.

Die feit dat Suid-Afrika elf amptelike tale het, is klaar ’n indikasie dat tolking baie belangrik sal wees in vele aspekte van die samelewing, regstolking, gemeenskapstolking, besigheidstolking, opvoedkunde tolking. Volgens Lesch (2012) is daar in hospitale dikwels verwag dat hospitaalpersoneel of pasiënte as tolk moes optree tussen die pasiënt en dokter. Dit is ’n groot probleem aangesien hierdie vrywillige tolke nie opgeleide tolke was nie en dikwels het wanvertolkinge plaasgevind (Lesch, 2012, p.70). In hierdie voorbeeld kan daar afgelei word hoe noodsaaklik tolking is en ook wat ’n tekort daar aan tolking is in Suid-Afrika.

Die werklikheid in Suid-Afrika is dat Engels die hegemonie neem in vele aspekte van die samelewing. Die probleem is dus dat slegs 25% van alle Suid-Afrikaners vaardig genoeg is in Engels om ekonomies aktief te wees in dié taal (Web en Kembu-Sure, 2000, p.7). Marné Pienaar (2006) meen dat dit veral ontstellend is as mens in ag neem dat die oorgrootte meerderheid van alle leerders hulle skoolonderrig in Engels ontvang. Dus blyk dit dat die elf amptelike tale basies net ’n gawe simboliese gebaar is weens die oneffektiewe taalfasilitering en die voorhand wat slegs een taal, Engels, kry. Tog is die werklikheid dat 75% van die Suid-Afrikaanse bevolking nie ekonomies effektief sal wees in die Engelse taal nie (Web en Kembu-Sure, 2000, p.7). Dit beteken dat die implementering van moedertaalonderrig noodsaaklik is en dat implementering heel moontlik deur tolking bereik sal word. Dit is die geval in meeste aspekte van die samelewing. Deur tolking beskikbaar te maak in ’n aantal gevalle sal kommunikasie meer doeltreffend gefasiliteer word in Suid-Afrika.

In die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan die impak gesien word wat gebrekkige Engelse taalvaardigheid op dienslewering het. Volgens ’n studie in 2004 deur die Instituut vir Rasseaangeleenthede is daar ’n lae vlak van Engelse taalvaardigheid onder polisiebeamptes (Vergie, 2006: bylae 2:8). Dit is problematies aangesien die nie-amptelike amptelike taal Engels is in die SAPD (Vergie, 2006). Verklarings wat afgelê word moet in Engels gedoen word. Omdat verklarings nodig is vir verdere ondersoek, en dié is in Engels, is daar dus ’n kinkel in die kabel. Tolke in hierdie gevalle kan dienslewering aansienlik verbeter. Kommunikasie kan suksesvol plaasvind tussen polisiebeamptes en gewone burgers wat verbetering van dienste en ook omstandighede kan verseker.
In howe kan daar wel ʼn poging van tolk implementering gesien word. Volgens Moeketsi (1999) is daar ʼn sekere formule van keuring en aanstelling vir tolke in die Suid-Afrikaanse howe. “Tans is die minimum vereiste graad 12 en ʼn kennis van Engels, Afrikaans en tenminste twee Afrika-tale uit verskillende taalfamilies” (Pienaar, 2006, p.37). Indien ʼn persoon aan hierdie vereistes voldoen, dan moet daar ʼn reeks toetse voltooi word voordat die kandidaat gekies word. Hierdie toetse bestaan hoofsaaklik uit vertaling van tekste waar die persoon se taal vermoëns getoets word (Moeketsi, 1999, p.142). Die probleem is egter dat die keurings proses op geskrewe vertaling konsentreer in plaas van die persoon se tolk vermoëns. Indien die persoon suksesvol is en as moontlike kandidaat gekies word, dan word hulle vir twee na drie dae onder die hof se hoofhoftolk se toesig geplaas om touwys gemaak te word. Hierna begin die kandidaat-tolke, onder die toesig van die hoof-tolk, in die hof te tolk. Dié opleiding duur vir sowat twee na drie weke. As die kandidate belowend vaar dan word hulle vir ses maande aangestel om as tolk op te tree in die laer howe (Moeketsi, 1999, p.5). Na ses maande word hierdie tolke dan by die Justisiekollege in Pretoria as tolke opgelei. “However, for reasons that pass all understanding, several court interpreters have worked for up to five years and have still not been taken for training” (Moeketsi, 1999, p.6). Regstaal stel ook sy eie eise en sonder opleiding in hierdie spesifieke veld kan die regte domeine en registers nie korrek getolk word nie. “Taal is ook die draer van kultuur en selfs goed opgeleide tolke en vertalers weet dat kultuurverskille soms groot uitdagings stel” (Pienaar, 2006, p.38). Hier kan gesien word dat daar ʼn desperate noodsaak is aan tolke in ons howe, maar die manier van keuring, aanstelling en implementering kan bevraagteken word. Volgens adv. Mthunzi Mhaga is daar ʼn opleidingsprogram en is 662 tolke opgelei in 2011 en 2012 (October, 2013). In hierdie omstandighede kan daar net gespekuleer word oor die kwaliteit van tolking in die howe.
Die feit bly steeds staan dat tolking ʼn belangrike rol het om te vervul in Suid-Afrika. Dit kan gesien word in die poginge om die situasie te verbeter, naamlik TISSA en CHITEP.
Die oorspronklike idee van die Telephone Interpreting Services South-Africa (TISSA) was om ʼn telefoontolkdiens te ontwikkel wat tolkdienste beskikbaar sou stel vir enige persoon in Suid-Afrika wat toegang tot ʼn telefoon het (Pienaar, 2006, p.42). Die idee was dat polisiestasies en hospitale hieruit sou voordeel trek met direkte toegang tot die tolk-sentrum. In 2003 is die projek geloods wat tegnies suksesvol was, maar weens ʼn gebrek aan befondsing deur die staat het dit tot stilstand gekom (Pienaar, 2006, p.42). In Maart 2005 is die diens weer in Tshwane bekend gestel. Daar was sowat 23 tolke en ook heelwat staatsdepartemente wat gebruik gemaak het van die dienste, insluitend die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit.
Die Nasionale Taal Projek (NLP) het in 1998 die Gemeenskapsgesondheidstolkopleiding en -indiensnemingsprogram (CHITEP) gestig. “Die oorkoepelende doel was om die toegang van talig-gemarginaliseerde groepe tot gesondheidsdienste te fasiliteer” (Pienaar, 2006, p.43). Alhoewel hierdie program hindernisse soos befondsing ervaar het, het hierdie projek relatiewe sukses behaal en was daar besluit om die projek nasionaal te implementeer. Ongelukkig toe die NLP ontbind, het die program ook tot ʼn skielike einde gekom (Pienaar, 2006, p.43).
Implementering van tolking kan meer suksesvol wees in ons land juis omdat dit ʼn behoefte is wat vervul moet word. Wanneer die regte inisiatief geneem word kan dit ’n suksesvolle werkskeppings projek wees en ook die vordering en vooruitgang van sekere tale, wat voorheen geen aandag geniet het nie, verseker.
In Suid-Afrika het tolking die potensiaal om te groei juis omdat dit ʼn belangrike rol speel in die lewens van Suid-Afrikaners. Taal vorm deel van ʼn mens se identiteit. Ek glo dus dat Suid-Afrika sy diversiteit ondersteun en probeer beskerm deur elf amptelike tale te erken. Met elf verskillende tale in een land is kommunikasie tussen burgers vermoeilik. Tolking vervul dus die rol van twee baie belangrike dinge; dit laat Suid-Afrikaners toe om hul identiteit te behou en dit speel die rol as ʼn nasie-bou funksie. Buiten hierdie twee belangrike rolle, implementeer dit ook suksesvolle kommunikasie in vele aspekte van ons samelewing waar ons diversiteit betrokke is. Tolking het ʼn rol om te speel in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die howe, staatshospitale en -apteke, tersiêre onderwysinstellings, staatsdepartemente en plaaslike regerings, provinsiale wetgewers en maatskaplike dienslewering (Pienaar, 2006, p.44).
 

Bibliografie


Anon., 2012. South-Africa.info. [Aanlyn]
Available at: http://www.southafrica.info/
[Onttrek 12 March 2014].
Bossev, M., 2009. ProZ: The Translation Workplace. [Aanlyn]
Available at: http://www.proz.com/forum/interpreting/141646-challenges_related_to_the_job_of_interpreter.htm
[Onttrek 12 Maart 2014].
du Plessis, L. T., 1997. Onderweg na vertaal- en tolkopleiding in Suid-Afrika. In: D. J. van den Berg & A. G. Jenkinson, reds. Bloemfontein: Acta Varia, pp. 47-50.
Gaspar, 2013. Interpreting.info. [Aanlyn]
Available at: http://www.interpreting.info/
[Onttrek 12 March 2014].
Lesch, H. M., 2012. Gemeenskapsvertaling; die konteks van die ontvanger as normeringsbeginsel. In: Stellenbosch: Sunmedia, pp. 64-77.
Moeketsi, R., 1999. Discourse in a Multilingual and Multicultural courtroom: A court interpreter's guide. Pretoria: J.L. van Schaik.
October, A., 2013. 'Stryk probleme met hoftolke gou uit'. Kaapstad: Die Burger.
Pienaar, M., 2006. Kommunikasie tussen staat en burgers: die stand van tolkdienste. Johannesburg: -
Vergie, M. P., 2006. Taalprobleme in die opleiding van SAPD-konstabels: beroepseise in Gauteng. Aucklandpark: Universiteit van Johannesburg: -

Webb, V. & Kembu-Sure, 2000. African Voices; An Introduction to the Languages and Linguistics of Africa. Cape Town: Oxford University Press.

Thursday, April 10, 2014

Resensering; Opinies en 'n Bespreking daarvan


Die resensering van werke soos boeke, digbundels, films, geleenthede en soms ook resensies, is noodsaaklik vir verskeie redes. Resensering speel ’n groot rol in die bekendstelling van werke. Dit bepaal ook grootliks hoe mense na daardie werke gaan kyk en ook of die lesersgroep die werke gaan aanskaf en lees of kyk. Die resensent het dus die mag om te bepaal hoe die lesersgroep se voorafgestelde idees van die werke sal wees, wat die eerste aankope sal fasiliteer of verhinder, daarom is dit baie belangrik wat die resensent skryf en ook sy/haar opinie van daardie werke.

Resensente kan nie net skryf wat hulle wil nie, daar is sekere riglyne wat gevolg moet word om te keer dat daar nie skade aan die skrywer se naam of werke gerig word nie, en daar is ook ’n lesersgroep wat in ag geneem moet word. Volgens ’n artikel in die BOEKEWȆRELD op 15 Februarie 1995 is daar vele klagtes oor resensering vanaf die lesersgroep. Van hierdie klagtes vorm deel van die riglyne in resensering wat ons vandag volg.

Daar was dikwels gekla oor literêre tegniese taal. Hierdie akademiese taal, vaktaal of “Akademiekaans”, was gereeld gebruik in resensies. Dit is ’n probleem om hoë akademiese taal of vaktaal in resensies te gebruik want die lesersgroep beskik nie noodwendig oor die selfde woordeskat en kennis as die resensent nie en dit veroorsaak verbystering by die lesers. Daar word gesê dat die resensent probeer slim klink maar daar word dan nie juis iets gesê nie, dit veroorsaak net roesemoes. Daarom moet resensente vandag so min as moontlik vakterms in resensies gebruik. ’n Ander probleem wat lesers vind met resensies is dat die resensente “venyn” en “bitsig” is. Die kritiek bly nie altyd by die skrywer se werk nie, die skrywer word partykeer direk aangevat en verkleineer. Meeste van die tyd raak dit baie persoonlik. Dit is iets wat resensente ten alle tye moet vermy. Resensente moet professioneel bly en die teks en skrywer formeel aanspreek, nie in ’n disrespekvolle manier nie. Daar is ook klagtes van resensente wat net skryf vir ander resensente, resensente wat resensies as geleenthede gebruik vir slegsê en ook dan die onmoontlike verwagtinge vanaf die lesersgroep waaraan resensente moet voldoen.

Elsabe du Toit meen dat uitgewers “brand om die volk aan die lees te kry”. Wanneer daar negatiewe en literêre resensies geskryf word, skrik dit die lesers af. Du Toit verwag dat resensente aan die lesersgroep moet vertel hoeveel genot hy/sy van ’n sekere teks kan verwag. Daar moet dus eerder populêre resensies geskryf word in plaas van die literêre resensies. Die skrywer, Dalene Matthee, meen dat resensente jare se werk met een resensie kan afmaai. Resensente moet dink wat hulle skryf en die skrywer se werk en loopbaan in ag neem. Dr Fritz Kok noem dat die lesers vir wie daar geresenseer word, word soms uit die oog gelaat. Dit lei na “verkeerde” resensering. Verkeerde resensering is byvoorbeeld wanneer ’n lekkerleesboek geresenseer word volgens streng literêre norms en daar nie veel oor die inhoud van die teks gesê word nie. Hettie Scholtz sê dat lesers soms meer uitvind oor die resensente in resensies in plaas van die skrywer en sy teks. Scholtz meen ook dat “lesers kies hulle boeke wat hulle wil lees, en vir die res wil hulle ingelig word deur betroubare resensies”. Dit is dus onplesierig wanneer lesers onbetroubare resensies moet lees wanneer hulle ingelig wil word oor ’n sekere boek. Prof. A.P. Grové verduidelik dat ’n resensent se werk is om die leser in te lig wat die skrywer sê en hoe hy/sy dit sê. Grové meen ook dis onnodig om haatlike en kwetsende kritiek te lewer, in dié gevalle is dit wanneer ons meer leer oor die resensent as oor die skrywer.


Resensies het dus ’n baie belangrike rol in die literêre wêreld, maar dit kan gesien word dat sonder die regte riglyne en reëls kan ’n resensie nie veel beteken nie. Dit kan ook skrywers se loopbane vernietig en mense negatiewe voorafgestelde idees gee oor sekere werke. Resensente het baie mag, maar met daardie mag kom daar verantwoordelikheid. Prof. A.P. Grové meen dat “’n Boek wat ’n resensie verdien, vra nie verguising nie, maar begrip. Daarom dat ’n goeie resensent myns insiens eerder die flits as die sambok behoort te hanteer”.

Translate it!