Die Opkoms van “Black Power” in die VSA
|
Die Teenstrydige Idees en Sienings van dr M.L. King en S. Carmichael
|
In Junie 1966 het Martin Luther King en ’n jong Stokely Carmichael saam met honderde ander mense wat deel vorm van mense regte bewegings gemarsjeer deur Mississippi op pad na Jackson.[1] Dit is hier waar mense regoor Amerika vir die eerste keer die term “Swart Mag” gehoor het wat Stokely Carmichael gebruik het in publiek en wat ook regstreeks uitgesaai was op televisie. Hierdie term het golwe van opgewondenheid en vrees deur Amerika gestuur. Carmichael se woorde was “When you talk about Black Power you talk about bringing this country to its knees any time it messes with a black man ... any white man in this country knows about power. He knows what white power is and he ought to know what black power is”.[2] ’n Geskiedkundige, Peniel E. Joseph, het bewys dat “Swart Mag” gedurende die 1950’s en 1960’s as gevolg van groot gebeure ontwikkel het. Hierdie gebeure was onder andere die Bandung Konferensie, die Kubaanse Rewolusie en episodes van Dekolonisering in Afrika.[3] Hierdie gebeure het aktiviste gemotiveer om meer aggressiewe mense regte strategieë te volg en so was “Swart Mag” gebore.
Stokely Carmichael en Martin Luther King het uit
verskillende agtergronde gekom en het totaal van mekaar verskil, maar tog was
hulle albei swart en benadeel in Amerika.Martin Luther King het tog ’n ander idee gehad oor “Swart
Mag” en ook die rol wat dit kan vervul. King het op die “Swart Mag” onderwerp
gesê “Black power is a cry of disappointment. It was born from the wounds of
despair. It is a cry of daily hurt and persistent pain. The call for Black Power
is a reaction to the failure of white power. Yet there is no salvation for the Negro
through isolation. Effective political power for Negroes cannot come through
separatism. Probably the most destructive feature of Black Power is its
unconscious and often conscious call for retaliatory violence. Are we seeking
power for power’s sake? Or are we seeking to make the world and our nation
better places to live? If we seek the latter, violence can never provide the
answer”.[4]
Dit kan gesien word dat King en Carmichael verskillende sienings gehad het oor
“Black Power” en hoe dit gebruik moes word. Hierdie opstel sal die opkoms van “Black
Power” verduidelik met oog op die aanhalings van Martin Luther King en Stokely
Carmichael en ook hoe hierdie twee persone tot teenstrydige idees en sienings
gekom het om ’n verskil te maak in die menseregte bewegings.
Carmichael was gebore in Trinidad, Spanje waar hy en sy
ouers later in 1954 op die ouderdom van 13 na America geïmmigreer het. Hy en sy
ouers het in Bronx gewoon in die buurt Morris Park, waar die meerderheid
inwoners uit Italianers en Jode bestaan het. Twee jaar later in 1956 was
Carmichael betrokke by ʼn bende, The
Morris Park Dukes, waar hy die enigste swart bende lid was.[5] Hy
het in dieselfde jaar ook die toelatingstoets geslaag vir die gesogte Bronx
High School of Science. In dié hoërskool was Carmichael blootgestel aan ʼn hele
ander sosiale stelsel, dit was die kinders van die New York stad se wit
liberale elites.[6]
Carmichael was gewild onder sy klasmaats, maar hy was altyd bewus van die rasse
verskille wat hom geskei het van die ander. In latere jare het Carmichael
hierdie vriendskappe soos volg beskryf; “Now that I realize how phony they all
were, how I hate myself for it. Being liberal was an intellectual game with
these cats. They were still white, and I was black”.[7]
Alhoewel Carmichael bewus was van die Civil Rights Movement,
het hy eers jare later self besluit om deel te word daarvan nadat hy een aand
op televisie beeldmateriaal gesien het van ʼn sit-in. “When I first heard about
the Negroes sitting in at lunch counters down South, I thought they were just a
bunch of publicity hounds. But one night when I saw those young kids on TV,
getting back up on the lunch counter stools after being knocked off them, sugar
in their eyes, ketchup in their hair—well, something happened to me. Suddenly I
was burning”.[8]
Hy het toe aangesluit by die Congress of Racial Equality (CORE) en deelgeneem
aan sit-ins in Virginia en South-Carolina.
In 1960 het Carmichael as ʼn stellêre leerling klaargemaak
met hoërskool en verskeie beurse ontvang om by van die beste universiteite in
die land te gaan studeer, maar Carmichael het dit egter van die hand gewys en
besluit om by die geskiedkundige swart universiteit Howard te studeer in
Washington, D.C.[9]
In hierdie tyd het Carmichael al hoe meer aktief geraak by die Civil Rights
Movement en het as eerstejaar in 1961 aan sy eerste “Freedom Ride” deelgeneem.
Dit was ʼn geïntegreerde bus toer deur die suide van Amerika om die segregasie
van interprovinsiale reise uit te daag. Carmichael was gedurende die toer
gearresteer in Jackson, Mississippi omdat hy ʼn “Whites Only” bus stop wagkamer
binnegegaan het.[10]
Hy was vir 49 dae toegesluit. Nie afgeskrik deur die arrestasie nie, het
Carmichael verder deelname aan die beweging bestee. Hy was betrokke by nog ʼn “Freedom
Ride” in Maryland, ʼn demonstrasie in Georgia en ook ʼn hospitaal werkersstaking
in New York. Hy het gegradueer in 1964 met ʼn Honneursgraad aan die universiteit
Howard in Washington, D.C.[11]
In 1964 het Carmichael aangesluit by die Student Nonviolent
Coordinating Committee (SNCC). Met natuurlike leierseienskappe was Carmichael
gou aangewys as die veld organiseerder in Lowndes County, Alabama. Toe
Carmichael in Lowndes aangekom het, het swart mense die meerderheid van die
populasie uitgemaak, maar was steeds nie verteenwoordig in die regering nie. In
een jaar het Carmichael dit reggekry om die aantal swart stemme vanaf 70 te
verhoog tot en met 2600, wat 300 meer is as die wit stemme.[12]
Toe Carmichael geen reaksie kry uit die groter politieke partye nie, het hy sy
eie party gestig naamlik die Lowndes County Freedom Organization (LCFO). Hy het
toe ʼn logo gekies wat later as inspirasie vir ʼn ander swart aktivistiese
organisasie sou dien – die Black Panther Party.[13]
Carmichael het grootliks die filosofie en niegewelddadige
weerstand van dr Martin Luther King toegepas. Die idee was dat publieke steun
gewen sou word deur die kontras van vreedsame swart weerstand en gewelddadige
onderdrukking vanaf die opposisie uit te beeld.[14]
Carmichael en baie ander aktiviste het tog later gefrustreerd geraak en gevoel
dat hierdie proses te stadig is en dat dit belaglik is om herhaaldelike geweld
en vernedering te ervaar. Teen 1966 was Carmichael as nasionale voorsitter
verkies van die SNCC, maar hy het ook teen dié tyd alle geloof in die
niegewelddadige weerstand teorie van die SNCC verloor.
Hy het die SNCC vinnig in ʼn meer radikale rigting verander
daardeur duidelik te maak dat alle wit lede, wat gereeld gewerf was, nie meer
welkom was in die SNCC nie.[15] In
Junie 1966 het James Meredith, ʼn menseregte-aktivis wat die eerste swart
student was in die universiteit van Mississippi, ʼn eensame “walk against fear”
begin vanaf Memphis, Tennessee tot by Jackson, Mississippi. Sowat 40km in
Mississippi was Meredith geskiet en gewond, hy kon nie die staptog klaarmaak
nie, maar Carmichael het besluit dat SNCC vrywilligers hierdie staptog moes
klaarmaak in Meredith se plek.[16]
Op 16 Junie was Greenwood in Mississippi bereik en het Carmichael ʼn toespraak
gelewer wat die rigting van die Menseregte-beweging sou verander. “We been
saying ‘freedom’ for six years, what we are going to start saying now is ‘Black
Power’”.[17]
Dit is hier waar daar vir die eerste keer so openlik oor “Black Power” gepraat
was, en dié ook in ʼn oomblik van aggressie.
Martin Luther King was gebore op 15 Januarie 1929 in
Atlanta, Georgia. Hy was in die hoërskool Booker T. Washington waar hy graad 9
en graad 12 verbygespring het en nie formeel gegradueer het nie. Op ouderdom 15
het hy by Morehouse kollege begin studeer waar hy toe in 1948 gegradueer het
met ’n B.A. graad in sosiologie.[18] Hy het toe by die Crozer Theological Seminary
in Chester, Pennsylvania aangesluit en in 1951 daar gegradueer met ’n B.Div
graad.[19] King
het toe begin met sy doktorale studies in sistematiese teologie by die universiteit
van Boston en hy het toe sy Ph.D. graad op 5 Junie 1955 verwerf.[20]
King het vroeg in sy loopbaan begin deelneem aan menseregte
aktivisme. In 1955 het hy die Montgomery Bus Boycott gelei en ook die Southern
Christian Leadership Conference (SCLC) gestig en as eerste president daarvan
gedien in 1957.[21]
King het in 1963 gehelp om die “March on Washington” te reël waar hy sy gewilde
“I Have a Dream” toespraak gelewer het op 28 Augustus.[22] In
1965 het die “Selma Voting Rights Movement” plaasgevind, waar daar marsjeer wou
word vir stemregte. Die eerste poging op 7 Maart 1965 staan bekend as “Bloody
Sunday” om rede dit misluk het weens uiterse geweld vanaf polisie en die Mafia
op die demonstrateurs.[23]
Die tweede poging op 9 Maart was ʼn power poging aan King se kant omdat hy nie ʼn
hofbevel wou oortree nie. Op 25 Maart 1965 het die derde en suksesvolle mars
plaasgevind wat gelei was tot op die trappe van die hoofstad. King het hier sy
“How Long, Not Long” toespraak gelewer.[24]
In 1966 het die “Chicago Open Housing Movement” plaasgevind. Dit was ʼn reeks
optogte wat deur die jaar plaasgevind het. Hierdie optogte se doel was om die
diskriminerende bekomming van huise vir swart mense te stuit. King het later
hierdie optogte self gekanselleer weens die gewelddadige gedrag van die
betogers.[25]
King was in een optog met ʼn baksteen getref.
’n Swart menseregte aktivis, Bayard Rustin, het Gandhi se
sienings en ideologieë gestudeer. Hy was vir die eerste deel van King se
aktivisme ’n mentor en hoof adviseur vir King.[26]
Rustin het vir King aangemoedig om Gandhi se waardes van “non-violence” aan te
neem en King was so geïnspireer met Mahatma Gandhi se sukses dat hy in 1959 ’n
reis na Indië geneem het.[27]
King het op sy laaste dag in Indië na gedink oor sy tyd daar en gesê “Since
being in India, I am more convinced than ever before that the method of
nonviolent resistance is the most potent weapon available to oppressed people
in their struggle for justice and human dignity”.[28]
Die optog wat die impak van niegewelddadige protes die beste
kan uitbeeld sal heel moontlik dié wees van “Bloody Sunday”. Betogers was met
knuppels geslaan en ook met traangas gegooi. Beeldmateriaal van uiterse geweld
teen passiewe betogers was wyd oor die land op televisie te sien wat blankes en
swart mense geskok het. ʼn Vrou, Amelia Boynton, was amper dood geslaan en
vergas deur polisie. Haar foto was regoor die wêreld in koerante en tydskrifte
gepubliseer.[29]
Alhoewel die niegewelddadige beweging ʼn impak kan maak en
tot ʼn sekere mate suksesvol kan wees, het dit nie aanvang gevind by alle swart
Amerikaners nie. Die idee daarvan kon nie ondersteun word nie omdat swart mense
moeg was vir die konstante geweld en onderdrukking van die polisie en wit
ver-regse groepe. Weens moedeloosheid en keelvolheid vir geweld het swart mense
groepe soos die Black Panther Party (BPP) gestig wat die beskerming van swart
mense en swart buurte van polisie brutaliteit implementeer. Dit was ʼn
revolusionêre sosialistiese organisasie wat ook sekere eienskappe van militêre
bewegings aangeneem het.
Met die opkoms van militêre groepe soos die BPP weens geweld
teen swart Amerikaners kan daar dus die afleiding gemaak word dat dit gepaard
gaan met die opkoms van “Black Power”. Dit kan ook gesien word dat die aanhoudende
niegewelddadige pogings vir menseregte op ʼn manier ʼn rol gespeel het in die
opkoms van “Black Power”. Weens die brutaliteit en geweld wat teen hierdie
passiewe betogers gebruik was om te onderdruk en onderwerp het dit sekere swart
mense meer aggressief gemaak. Die onophoudelike geweld en stadige transformasie
het sy tol geëis en ʼn ander uitweg was gevind – “Black Power”.
Die term “Black Power” het vinnig aanvang gevind by die meer
radikale generasie van menseregte-aktiviste. Die term het ook internasionaal
weerklank gevind waar dit in weerstand gebruik was teen Europese imperialisme
in Afrika. In Carmichael se 1968 boek; Black
Power: The Politics of Liberation verduidelik Carmichael swart mag soos
volg “It is a call for black people in this country to unite, to recognize
their heritage, to build a sense of community. It is a call for black people to
define their own goals, to lead their own organizations”[30]
Hierdie idee van “Black Power” het ʼn belangrike rol gespeel
in verdere menseregte bewegings omdat dit die swart mense ʼn sin van trots gegee
het en ook die mag wat hul besit laat besef. Dit het swart mense laat
saamstaan, hulle erfenis laat terugneem en ook hulle gehelp om hulle doelwitte
te bereik.
Bibliografie
Bennet,
Scott H. Radical Pacifism: The war Resisters League and Gandhian
Nonviolence in America, 1915-1963. New York: Syracuse University Press,
2003.
Bolden,
Victor A. "Where Does New York City Go From Here: Chaos or
Community?" Fordham Urban Law Journal, 1995: 1031-1052.
Ching,
Jacqueline. The Assassination of of Martin Luther King, Jr. New York:
Rosen Publishing, 2002.
History.com
Staff. History.com. 2009.
http://www.history.com/topics/black-history/stokely-carmichael (accessed March
15, 2014).
Joseph,
Peniel E. "Waiting 'Til the Midnight Hour: A narrative History of Black
Power in America." Souls: A Critical Journal of Black Politics,
Culture, and Society, 2007: 361-363.
Manheimer,
Anne. Martin Luther King Jr.: Dreaming of Equality. Minneapolis:
Twenty-First Century Books, 2004.
Ralph,
James. Northern Protest: Martin Luther King, Jr., Chicago, and the Civil
Rights Movement. Cambridge: Harvard University Press, 1993.
Warren,
Mervyn. King Came Preaching: The Pulpit Power of Dr. Martin Luther King,
Jr. Westmont: Intervarsity Press, 2001.
Wertz,
Marianna. The Schiller Institute. September 1, 2001.
http://www.schillerinstitute.org/conf-iclc/2001/Labor%20Day/conf_sep_2001_mw_.html
(accessed March 22, 2014).
[1] Peniel, “Waiting ‘Til the Midnight Hour: A Narrative of Black Power
in America” 1001.
[4] Bolden, “Where Does New York City Go From Here:Chaos or Community?”
1034.
[22] Ibid
[23] Ibid, 104.
[24] Manheimer, Martin Luther King Jr.: Dreaming of Equality, 104.
[26] Bennet, Radical Pacifism: The War Resisters League
and Gandhian Nonviolence in America, 1915–1963, 217.
No comments:
Post a Comment